《Hardloop- want dis lekker!》

11 May 2020 by Anze Nel

Hierdie is ń baie onseker tyd vir almal van ons. Ons weet nie wanneer alles weer gaan terug keer na normaal toe en wanneer ons weer die geleentheid gaan kry om as ń groep saam te oefen en deel te neem nie.

Vir die eerste keer is daar nie ń wedloop om voor te oefen nie! Jy moet egter nie slap lê en niks doen nie! Alles gaan weer terug keer na normaal toe, ons gaan weer die geleentheid kry om deel te neem..🏃‍♀️🏃‍♂️
Gebruik hierdie tyd om suiwer te hardloop omdat jy daarvan hou, omdat dit jou passie is…
Ek dink almal het gedurende hierdie tydperk besef dat jy nie hardloop ‘for granted’ moet vat nie! Geniet elke oomblik wat jy buite is om te oefen. Hardloop sommer net, want dis lekker!!

“Today I will run for the pure, absolute joy”❤👟
-Lopen Lomong