《Volhard met sekerheid》

25 May 2020 by Anze Nel

Ons is byna halfpad met 2020 se wedloop🏃‍♀️🏃‍♂️
Hierdie is ń wedloop waar nie een van ons die roetekaart vooraf gesien het nie. Dit is seker een van die uitdagendste wedlope wat enige van ons al moes aanpak! Soos die kilometers verby vlieg kan ons nie help om te wonder of ons fiks genoeg is om die wedloop te voltooi nie, daar is hopeloos te veel bulte, onaangename weerstoestande en kronkelpaaie om die minste te sê! Ons dink ons het al lankaal verkeerde afdraai pad gevat🛣

Ek wil julle egter aanmoedig om die wedloop met volharding te hardloop! Ons landloop lesse sê nie verniet “volhard met sekerheid” nie. Daar is geen twyfel in my dat enige van julle onfiks is om die wedloop tot die beste van julle vermoë te voltooi nie 🏃‍♂️🏃‍♀️Volhard in die moeilike tye🏆

Teksverse wat my sover deur die tyd gedra het:

1. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: ek het die wêreld klaar oorwin~Johannes 16:33
2. As jy deur water moet gaan, is ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie~Jesaja 43:2